Eva soek n man

Ek is al 32 en nognie n man in sig! Dis wat in my keelgat afgedruk word deur my familie. Moet ek dan op die straathoek gaan staan met n bord om my nek, “Eva soek n Adam”?!
So huil ek eendag met my kop in my ma se nek, al rukkende met n knop op my maag wat my wil verstrengel, en dit alles oor eensaamheid! Maar ek mis nie n man nie, ek mis my tweeling!  Sy is al op 19 getroud. Ek is my eie en beste sielkundige en praat HARD met myself dat daar nog vir my hoop is want my sus, 9 jaar ouer as ek, is op 36 getroud.
Ek kom in die Kaap aan na ek 6 maande in Israel gewerk het. Ek word pas 34 en ontmoet vir Neil. Ons het toe al 5 maande vir mekaar geskryf en hy kom Kaap toe om my te ontmoet. Min kon ek raai dat nie net gras aan die anderkant van die draad grasgroen is nie, maar ook gal!
Ons trou 27 dae nadat ons mekaar in die oë gekyk het. Ek glo VAS dat hierdie is n huwelik “matched in Heaven”, soos hy my laat verstaan het.
Ons vertrek nét na ons troue na hulle familie plaas in die Noorde, net voor Beitbrug. Ons is nie ver uit die Kaap en hy begin twyfel in homself of hy die regte ding gedoen het om my te trou. Hilda is moerse harregat. Sy staan vas! Sy het dan nounet voor God getrou! Sy wil nog altyd met n man trou wie God liefhet en “hierdie is dan n hemelse huwelik!” Sy wil haar lewe lank nog n huwelik hê soos mamma en pappa gehad het. Sien, mamma het nooit ooit iets lelik van my pa gese nie. Sy is graf toe verlede jaar met haar eie lewensgeheime. Dis die prentjie in my kop van n huwelik met n Godskind.
So begin die abuse sonder dat ek dit agterkom. Ek huil daai eerste nag in die hotelkamer om terwyl hy slaap. Wat n huweliksnag!!!
Ons vertrek vanuit Beaufortwes na sy suster in Pretoria. Sy en haar man is rêrig nice mense.
Ons sit die pad voort na sy ouers. Mense praat van stief skoonma’s, maar daar ontmoet ek n monster van n skoonpa. Hy is op my “case” van die eerste oomblik wat ons daar aankom. Niks en niemand gaan my jaag nie want ek staan my man en my kop is mos hard! Neil vertel my ek is nie goed genoeg vir hom nie. “I don’t fit the image”, wat de moer dit ookal beteken! Elke aand raak ek huilende aan die slaap, praat met my Vader net om die volgende oggend weer op te staan met nuwe krag vir net daai dag.
Vyf maande later byt n bosluis my. Die pil is nou niks meer werd en ek raak swanger. Vir my word vertel: “I didn’t ask God for a fat wife and I didn’t ask God for a child”. Ek dink by myself: “Jou moer! Ek sal veg vir hierdie lewetjie binne my! Ek gaan Kaap toe want my familie sal my bystaan.” Hy besluit hy gaan saam Kaap toe. Ons woon 4 jaar in die Kaap voor ons Engeland toe emmigreer. Ek lewe soos n robot met een ding in my kop, wees die vrou wie hy wil hê. Hy SAL jou aanvaar en vir jou lief raak. Wat n klug!
Ek en my vriendin van Duitsland gaan een jaar Kaap toe vir 3 weke. Ek kom terug en Neil vertel my hy het iets om my te wys op die internet.
MY FOK! MY MAN HET PORNOGRAFIE GEKYK!
HOE kan n man wie evangelisasiewerk op die strate doen so n ding aanvang!!! My man wie my laat verstaan hy is n baie beter en groter Christen as ek. HOE op dese aarde?! Ek weier om saam hom die etterse goed te kyk!
Ek is n warmbloedige girl met Franse bloed in my are. Neil weet dit en doen met my dinge wat ek nie oor sal praat  nie want dis agter my vandag. Ek laat dit toe want ‘hy gaan mos vir my aanvaar en lief wees’.
So gaan die seksuele abuse aan vir 3 jaar. Ek is dokter spreekkamers in en uit. Niemand weet wat met my aangaan maar ek is in erge pyn! Ek eindig op by die pynkliniek in London waar n vroue dokter my ondersoek en my in my gesig kyk en sy sê: “Mrs Davidson, your husband did not only sexually abuse you but he raped you over and over!” My kop spin. Alles draai om my. WAT het hierdie vrou nounet gese? Sy weet waarvan sy praat want sy het dan nounet binne my gekrap. Ek huil bitterlik!!! Ek is teleurgesteld in myself. Dis alles my skuld. Dis mos my kop wat hard is. Dis mos ekke wat n perfekte huwelik wou hê.
Wat ek nie besef is dat ek in die kloue van n narsissis lewe. Ek is só verblind met sy sjarme en manipulasie. Ek besef hoekom ek altyd n bol senuwees is. Hierdie man laat toe dat n duiwelse mag hom beheer. Kind van God se mai! Hy het al die tyd gelieg!
Jare later begin ek met berading wat oor die 2 jaar aanhou. Ek het BAIE kak om deur te werk. Anne maak dit aan my duidelik “Neil groomed you into marrying him, using you as a pawn on a chess board to prove something to his dad”. (Sy pa het al sy vorige meisies weg gejaag. Toe hy my trou kom hy mos op die plaas aan met sy vrou en sy pa kan nou niks doen nie.) Ek SIEN wat hierdie vark aan my gedoen het. DIT IS NIE ALLES MY SKULD NIE!!!
Ek kry hom so jammer dat ek hom toelaat om aan te bly in my huis om by sy kind te wees. So much for that…
Op n dag hoor ek hoe hy sarkasties en ombeskof met my seunskind is. My kop haak uit. Ek het nooit op hom gegil nie, maar daai dag druk ek my vinger in sy gesig en skree: “Fuck off out of my house! You can fuck me, but don’t fuck with me!!!”
Hy is moerbang vir my want dis nie die eerste keer dat hy met my kind ombeskof is en ek hom bydam nie. Hy weet mos hoe voel n houtlepel oor sy kop! Jy raak nie aan my bloed nie! Bliksem!
Hy trek uit die huis. Hy is vandag nog skytbang vir my want sien, ek het nooit die verkragting aangegee by die polisie nie.
Hoekom nie? My kind was 9 jaar oud toe alles op die lappe verskyn. Wat gaan dit aan sy brein doen om sy pa agter tralies te sien?
Vandag ken ek die Hilda wie God geskape het.
Geen “tags”!
Geen “labels”!
Net ekke.
Vry!
Geseënd om die lewe in die oë te kan staar.
Geseënd om my 18 jarige seunskind by my te hê.
Geseënd om met myself te kan lewe.
En die moer is nog steeds bang vir my.
HAHA!
Advertisements

Nege se een

Hoekom is ek altyd gesien as die baba van nege?

Ek was mos die eerste gebore, die oudste van die tweeling, my heerlikheid!!!

Hoekom het nie EEN in my familie ingetree en gesê: “GENOEG IS GENOEG”!!!

Was almal dan verwar dat dit okay is dat jou tweeling jou mag onderdruk???

Ja! Ek was gemanipuleer en het gereken dis die norm en konnie nee sê!  Ek reken ek het maar net altyd “ge-ja” en “ge-amen” as sy iets sê!

Ek was aanskou as die swakkeling!

Die stadige een!

Die bang een.

Die skaam een.

Die een wat altyd tweede in die ry behoort te staan!

Swakkeling se moer!!!!!

God het my geskape as n individu!

NIE as n helfte van n “enetjie van die twee” nie!

Ek het my eie identity!

Ek is n sterk vrou!

Ek is lief vir ‘my’!

Ek hou van ‘my’!

Ek is moerse trots op my lewe!

Ek is geseënd met n moerste handsome seunskind!

Ek sal aanhou veg soos n tierwyfie vir my en my seunskind teen mense wat hul besig hou met stront!

Met God se daaglikse genade en liefde en wysheid staan ek soggens op en hoor die voëltjies sing wat, net soos ek, Hom bedank vir n nuwe dag.

Ek sê nie altyd fisies dankie nie maar staan op met n lied in my hart! Hy wéét wat ek met Hom praat.

My pappa het ek nie geken. Hy is oorlede toe ek 2 was. Maar my pappa sou vir my opgekom het…..Dít weet ek! Hy sou!!!